Fritz Deelman en die...
In die Arrakbrosse, ’n ongetemde streek van die Sahara-woestyn, veg ’n handjie vol Franse teen ’n geheimsinnige vyand. Hier staan die Moho-toring, toegangspoort tot ’n fabelagtige skag wat ses kilometer onder die aarde ongekende skatte ontbloot. Hier wag asemrowende ontdekkings op luitenant Fritz Deelman van die Internasionale Veiligheidspolisie. Maar watter verband het die Moho-skag met die verskyning van die gevreesde Rooi Sjeik, ’n roekelose woestynvegter wat sy slagoffers sowel onder die Franse as die Arabiere van die Arrakbrosse eis? Dit kos al Fritz Deelman se moed en speurvernuf om vas te stel waar die Rooi Sjeik skuil en om hom uiteindelik te ontmasker.
Author: Leon Rousseau

For a detailed description of the Book Conditions Categories,
please follow this link:
Condition Description























