Vin
Hierdie roman vertel die storie van kunstenaar-kurator Vin Verster wat geleidelik haar greep verloor op haar skeppende en skikkende omgang met kuns, haar verhouding met haar argeoloog-man, en haar vermoë om sielerus in Suid-Afrika te vind. Deur twee dekades van oorsese kunsresidensies, voortslepende familiedrama en die benouende obsessie van ’n vyandiggesinde in die kunswêreld kyk die leser met die oë van dié vindingryke kuns-vlugteling. In Florence sien sy die vliegtuie in die torings vasvlieg, op ’n Noordsee-eiland tref ’n yslike ding haar, en in SA raak sake al hoe wilder.
Author: Lien Botha

For a detailed description of the Book Conditions Categories,
please follow this link:
Condition Description









